Die Vierkleur van Transvaal

< Portaal:Muziek

Die Vierkleur van Transvaal

Auteur
Genre(s) Volkslied
Brontaal Afrikaans
Datering Nationaal Volkslied van 1881-1910
Bron
Auteursrecht Publiek domein

Die Vierkleur van Transvaal is het volkslied van de onafhankelijke boerenstaat Transvaal. Het lied verwijst naar de vlag van Transvaal die uit vier kleuren bestaat. Het lied werd gebruikt van 1881-1910. De tekst is geschreven in het Afrikaans.

De tekst bewerken

Die Vierkleur van ons dierbaar land,
die waai weer oor Transvaal
en wee die Godvergete hand,
wat dit weer neer wil haal!
Waai hoog nou in ons helder lug,
Transvaal sy vryheidsvlag!
Ons vyande is weggevlug,
nou blink 'n blyer dag!


Met lae lis haal Albion
ons vlag verrad'lik neer,
en doen toe net al wat hul kon,
dat ons hul vlag moes eer:
"Ons sou dan alles daarby wen,
'n telegraaf en spoor,
as ons die rooivlag wil erken".
Maar dit wou ons nie, hoor!


Vier jaar lank het ons mooi gepraat,
om weer ons land te kry:
"Ons vra jou, Brit, geen goed of kwaad;
gaan weg en laat ons bly!"
Maar toe die Brit ons nog vererg,
toe vat ons die geweer.
Ons was al lank genoeg geterg,
nou kan ons tog nie meer.


En met Gods hulp het ons
die juk van Eng'land afgegooi,
ons is weer vry, geluk!
Geluk! Nou waai ons vlag weer mooi!
Dit het ons heldemoed gekos,
maar Eng'land nog veel meer,
so het die Heer ons weer verlos,
ons gee Hom al die eer.